dinsdag 26 januari 2016

Die woord '' ou "

Ons het die woord 'ou' in die laaste les gesien in die verhaal "Ryloop met 'n woonwa", en ek het beloof om daarop terug te kom.

As selfstandige naamwoord is dit 'n maklike woord om te vertaal.
dit beteken: vriend, jongen.

Maar as dit as byvoeglike naamwoord word gebruik is dit lastiger.
Ek het self ook gedink aan die engelse uitdrukking 'good old times'.. wat hier nie spesifiek 'oud' beteken nie.

Die woord is nie (maklik) te vertaal na Nederlands nie.
Dus sal ek dit vir julle verduidelik in sinne/ 'n storie :

1. Dit kan 'n soort troetelwoordjie wees voor 'n naam van 'n persoon; díé persoon (hoender, hond ens) is dan 'n dierbaar iemand vir die spreker.  (sien die verhaal van 'my mense'  bv. ou Piet)

2. Verder natuurlik as dit 'oud' beteken, bejaard. 'Die ou tante is al 88 jaar oud. (hier beteken tante dus 'n regte tante, suster van jou pa of ma)

3. Of dit word gebruik om teleurstelling of moedelose verdraagsaamheid uit te druk. Vergelyk hiervoor die verhaal wat ons in die laaste les gelees het.

4. In 'n sin soos 'My ou seuntjie is hartseer' dui dit op bejammering/simpatie/meegevoel.