donderdag 10 december 2015

huiswerk vir les 4

1. Afrikaanse woordelys:
Leer bladsy 7 en 8; julle kry hieroor 'n toets aan die begin van les 4!

2. OpSTAP minicursus Afrikaans;
bladsy 88 tot 102
Vat dit saam klas toe!! Graag die oefeninge inlewer by my na les 4. Verdeel die bladsye oor die aantal dae, en doen elke dag 'n gedeelte.
Ek wil die huiswerk op papier, en indien moontlik ook via epos hê.
Indien nodig sal ek al die oefeninge nog behandel in les 4.
  
3. Elke dag - luister so'n halfuur na die afrikaanse radio. 
Maak 'n verslaggie van waar jy na luister!
Onthou die kortverhale in 'KORTOM', dit kan jy vind onder programme. (A t/m Z) by K:



4. Ek sal in die komende weke ook 'n begin maak met die selfgeskrewe beroepsgerigte gedeelte wat julle gaan voordra in les 5.. en julle daarin begelei. 

woensdag 2 december 2015

Die woord VIR

Opmerking:.: Vir wordt veel meer gebruikt dan het Nederlandse 'voor', omdat het meer betekenissen heeft. Hier komt de verklaring:

voor: "Hierdie koppie koffie is vir oupa" = Dit kopje koffie is voor opa"

tegen: "Moenie vir my lieg nie" = "Je moet niet tegen mij liegen"

tegen: "Jy kan dit maar vir my sê, hoor" = "Tegen mij kun je het zeggen, hoor"

naar: "Ek geniet dit so om om vir jou te kyk" = "Ik geniet er zo van om naar jou te kijken"

naar: "Nou moet jy mooi vir my luister, boetie!" = "Luister jij eens goed naar mij, jochie!"

om: "Lekker lag ek nou vir jou aksent" = "Ik moet zo om jouw accent lachen"

aan: "Gee dit asseblief vir my, en nie vir hom nie" = "Geef het alsjeblieft aan mij, en niet aan hem" (bij benadrukking van de meewerkende voorwerpen)

aan: "Ek het dit mos vir hom gesê" = "Ik heb het nog aan hem gezegd"

niet altijd vertaalbaar, bij meewerkend voorwerp: "Gee gou-gou vir my die biltongmessie" = "Geef (aan) mij gauw het biltongmesje"

niet altijd vertaalbaar, bij meewerkend voorwerp: "Ek het vir hulle gevra of ons skoon komberse kan kry" = "Ik heb (aan hen) hun gevraagd of we schone dekens kunnen krijgen"

niet vertaalbaar, bij lijdend voorwerp: "Ken jy vir Christo?" = "Ken jij Christo?"

niet vertaalbaar, bij lijdend voorwerp: "Moenie vir my slaan nie, dit was nie ek nie" = "Je moet mij niet slaan, ik was het niet"

Deze laatste, in het Nederlands onvertaalbare betekenis vindt zijn oorsprong waarschijnlijk in het Maleis-Portugees uit de begindagen van het Kaapse Hollands, dat later tot het Afrikaans zou uitgroeien.
Voor de leerder van het Afrikaans is het handig te weten dat je de onvertaalbare vir bij een lijdend voorwerp meer moet invoegen, naar mate er meer sprake is van een lijdend voorwerp. Bijvoorbeeld: "Ken jy vir Mandela?" kun je vertalen met: "Ken je Mandela persoonlijk?", terwijl "Ken jy Mandela?" eerder op te vatten is als: "Ben je bekend met Mandela?"

In het Roemeens vindt men een soortgelijk syntactisch gebruik van een voorzetsel dat zijn eigen betekenis verliest omdat het gebruikt wordt voor het versterken van een persoon als lijdend voorwerp. Om een persoon in de accusatief te benadrukken, plaatst men er pe (dit betekent eigenlijk 'op') voor: "David l-a ucis pe Goliat" = "David heeft Goliath gedood" Dit is vergelijkbaar met de Afrikaanse zin "Dawid het vir Goliat doodgemaak"

dinsdag 24 november 2015

Huiswerk vir les 3

1. Afrikaanse woordelys:
Leer bladsy 4,5 en 6
...  julle kry hieroor 'n toets aan die begin van les 3!


2. OpSTAP minicursus Afrikaans; 
vir les 2 : bladsy 45 tot 87
Vat dit saam klas toe!! Verdeel die bladsye oor die aantal dae, en doen elke dag 'n gedeelte.
Ek wil die huiswerk op papier sien, en indien moontlik ook via epos hê.
Indien nodig sal ek al die oefeninge nog behandel in les 3.


3. Elke dag - luister so'n halfuur na die afrikaanse radio. 
http://www.rsg.co.za/luister.asp 
Daar is ook oulike kortverhale in 'KORTOM', dit kan jy hier vind: 
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=189
PS blaai na onder op die bladsy, daar sien jy al die KORTOM verhale, baie bladsye ook!

4. Lees 'Dikwels gebruikte sinne' aandagtig deur.
 meerdere kere


 Onthou - geniet daarvan om afrikaans te leer!

zaterdag 21 november 2015

Jy is en bly My kind

as jy nog tyd het en sommer net lekker wil ontspan, luister dit 'n paar keer... ons gaan dit sing in les 2. 


Ek was daar met jou eerste asemteug
Ek het jou stem gehoor in hartseer en in vreugde
Al kon jy My nie sien nie was My hand altyd oor jou
Ek is daar vir jou en dit moet jy onthou!

Jy is en bly My kind en Ek gee om
en as jy leiding soek sal Ek jou weer tot hulp kom,
en soos die jare vinnig aanstap het jy dit nooit vergeet
jy is en bly My kind en ek gee om

Ek was daar met jou eerste skaam gebed
Ek kon hoor toe jy my so veel mooi beloof het
en toe jy voor my neerval en jou sonde kom bely
het ek jou opgetel en vasgedruk teen my.

Jy is en bly My kind en Ek gee om
en as jy leiding soek sal Ek jou weer tot hulp kom,
en soos die jare vinnig aanstap moet jy dit nooit vergeet
jy is en bly My kind en ek gee om!

Jy is en bly My kind en Ek gee om
en as jy leiding soek sal Ek jou weer tot hulp kom,
en soos die jare vinnig aanstap moet jy dit nooit vergeet
jy is en bly My kind en ek gee om!


jy is en bly My kind en ek gee om!

Afrikaanse taalkunde









woensdag 11 november 2015

huiswerk...

Ek hoop julle kom reg met die huiswerk!
Dit is te stil vir my smaak so in die weke tussen die lesse!

Moenie uitstel tot die laaste week nie, ne?  Wil jy dit goed aanleer, moet jy herhaal en herhaal.. elke dag 'n bietjie!

As daar vrae is, stuur my 'n epos : ellieknol@telfort.nl !

maandag 2 november 2015

Huiswerk vir les 2.

Ek hoop julle het vandag geniet! 

Die huiswerk vir volgende keer:

1. Afrikaanse woordelys:


Leer bladsy 1, 2 en 3
...  julle kry hieroor 'n toets aan die begin van les 2!


2. OpSTAP minicursus Afrikaans; (dit is waarvoor die geluidslêers is, né!)
werk bladsy 16 tot en met bladsy 44 deur, met geluid.
Verdeel die bladsye oor die aantal dae, en doen elke dag 'n gedeelte.

Ek sal in les 2 ook 'n uitspraaktoets doen (die toets is gebaseer op die geluidslêers wat by die OpStap boekie hoort) .


3. Van die verhaal "Waar die eerste seekoei vandaan kom" 
op papier neerskryf:
NB Jy mag dit by my inlewer na les 2, asseblief. 
Ons sal dit in les 2 klassikaal behandel.
-- 10 voorbeelde van verkleinwoorde,
-- 10 voorbeelde van dubbele ontkenning (die sin voluit uitskryf!),
-- 10 afrikaanse woorde van hierdie verhaal waarvan jy nie die betekenis weet nie - 
    -  ook : daarvan die nederlandse betekenis  (WOORDEBOEK).
    -  Maak ook 'n nuwe sin (Afrikaans) daarmee .



4. Elke dag - luister so'n halfuur na die afrikaanse radio.

 http://www.rsg.co.za/luister.asp 
Daar is ook oulike kortverhale in 'KORTOM', dit kan jy vind onder programme.
Kyk maar bietjie rond.


5. Lees 'Dikwels gebruikte sinne' aandagtig deur.
 meerdere kere  

TURKSVY

Turksvy, weet julle nog van die storie van
'Waar die eerste seekoei vandaan kom"?

Hier het ek 'n paar foto's hiervan. Dit word in engels 'prickley pear' genoem, dit is dus 'n kaktusplant.

Die vruggies ( op die 2e/3e foto)  is eetbaar, en soms ook wel te koop in Nederland, meestal in buitelandse toko's ensovoorts.

Ek het dit baie geëet in my lewe, meestal was dit wel so dat ons as kinders na die tyd van die klein dorinkies in ons vingers gehad het.



vrijdag 30 oktober 2015

Dikwels gebruikte sinne

Hallo, my naam is _______. Wat is jou naam?
Aangename kennis, my naam is….
Ek bly in Nederland, in Zwolle.
Ek leer om …...

Hoe gaan dit?
Baie goed dankie, self?
Mooi bly!
Laat dit goed gaan!
Sien julle môre!
Goeiemôre oom/tannie (vriendskaplik)

Ek hoop dat julle my `n bietjie kan verstaan.
Ek kan nog nie baie goed afrikaans praat nie.
Hoe sê jy dit in Afrikaans?
Ek kan net 'n bietjie afrikaans praat.
Ekskuus? (as jy iets nie verstaan nie)

Waar kan ek my goed bêre?

Ek hou daarvan om ’n spannende boek te lees.

Lekker verjaar.
Baie geluk met jou verjaarsdag.

Wat wil jy drink, koffie, of liewers koeldrank?
Ek sal kofiie drink, dankie.
Nee dankie, ek sal nie nou iets drink nie.
Baie dankie. 
Dit is `n plesier!
Smaaklike ete!
Kry vir jou meer vleis.
Sjoe, maar dit is lekker!
Baie dankie, die kos was lekker!

Ek is baie jammer …
Ek sal dit koop.
Ek verstaan nie (?)
Hoe laat is dit?
Ek gaan lughawe toe.
Ek is by die huis.
Ek gaan fietsry.
Hoeveel kinders het u?
Hoeveel kinders is julle by die huis?

Waar gaan u kerk toe?
Waar bly u?
Waarheen gaan u?
Ek gaan huis toe.
Hoeveel kos ’n kaartjie?
Hoe kom ons by die winkel?
Aanvaar u ’n kredietkaart?
Is daar ’n kamer beskikbaar vir vannag?
Een kaartjie na Kaapstad asseblief?
Hoeveel kos dit? (kos = prijs)
Bring asseblief die rekening
Ek wil graag net brood koop.
Ek wil net een pakkie botter hê, dankie!

Ek sou jou baie graag wil help, maar ek kan nie.
Is die kar wat ons huur heeltemal nuut?
Ons was gister heeldag strand toe!
Ek wil liewer nie in daardie kamer slaap nie.
Die pad na Kaapstad is baie lank.
Dit gaan volgende week reën!
Ek het dit met my eie oë gesien.
Ek kan nie slaap as die ligte in die kamer aan is nie.
Ek kan beter slaap as die ligte uitgeskakel is.
Skakel die ligte van die kar aan in die tunnel.
Sal jy my skakel as jy meer weet?
Die huise het almal hoë hekke...
Die behandelplan het die gewenste effek.
Die kinders is baie stadig met leerwerk.
 Ek het gister ‘n e-pos van my ma gekry.
‘n Mens moet versigtig wees om in die aand uit te gaan.
Ek het Woensdag heeldag gewerk.
Ek wil môre graag die inkopies gaan doen.
Kom ons luister bietjie na die pragtige musiek van Romanz?
Moenie daardie boek lees nie, dit is te moeilik.
Môre gaan ek ‘n brief skryf aan die hoof van die skool.
Ek het hom gesien.
Ons het al vakansie gehou in die Kaap.
Ons vlieg Maandag Kaapstad toe.
My ma-hulle het kaas uit Nederland vir my gestuur.
Ek kan nie die motor se sleutels vind nie.
My kar staan om die hoek geparkeer.
Hy het op ‘n klip langs die pad gaan sit.
Mevrou, kan u my asseblief help?
U gee nie om as ek hier rook nie?
Dit is al lank aan die gang dat die kinders te laat bed toe gaan.
Daardie boek wil ek nog eendag lees.

Dit is nie waar nie.
Hierdie foto is pragtig, maar ek hou ook van daardie een.
Het jy gehoor dat my pa gisteraand gebel het?
Ek het die hele dag aan jou gedink.
Die supermarkte is op Sondae toe. Maandag is hulle weer oop.  
Ek sal graag die koerant wil lees.
Die boomryke strate lyk pragtig in die lente.
Ek sal dit môre dadelik doen.
Ek dink die somme is reg so. (ik geloof dat de sommen zo goed zijn)
Ek het myself tuis gevoel by hulle.
Ek moet my oor daardie kinders ontferm.
Sy is iemand op wie jy kan vertrou.
Het jy dalk ‘n rooi pen vir my?


Jy weet mos dat ek nie kan swem nie? 

zaterdag 24 oktober 2015

Dankie

Huiswerk graag na my eie epos adres, ook nog die huiswerk van vorige week asseblief!
Ek het van nog niemand die huiswerk gekry van vorig week nie..

Dankie

die hyperlink is onder die woord dankie

Dankie vir hierdie skone môre.
Dankie vir hierdie nuwe dag.
Dankie dat U oor my gewaak het deur die donker nag.

Dankie vir al die goeie vriende.
Dankie vir elke boom en blom.
Dankie vir al die seëninge wat na my toe kom.

Dankie vir elke kinderlaggie.
Dankie vir elke sonnestraal.
Dankie dat ek my weg terugvind waar ek ookal dwaal.

Dankie vir vlaktes en vir berge.
Dankie vir elke silwerstroom.
Dankie vir al ons ideale, elke goue droom.

Dankie vir elke kinderlaggie.
Dankie vir elke sonnestraal.
Dankie dat ek my weg terugvind waar ek ookal dwaal.

Dankie vir hierdie skone môre.
Dankie vir hierdie nuwe dag.
Dankie dat U oor my gewaak het deur die donker nag.

Dankie dat U oor my gewaak het deur die donker nag.



Huiswerk: 
1. Sing dit saam tot jy dit lekker kan saamsing, en jou uitspraak ook veral goed is. 
2. Skryf die selfstandige naamwoorde neer. 
3. Kan jy verkleinwoorde ontdek? 
4. Soek die meervoude (as ek so kyk is dit 5) 

donderdag 15 oktober 2015

Suid Afrika, ek het jou lief!

STUUR julle dadelik 'n BERIGGIE TERUG 
op my persoonlike epos adres wanneer jy dit lees ASSEBLIEF?! Dan kan ek kontroleer of julle almal hierdie berig gekry het ...
Jy kan nie hierdie berig beantwoord nie, dit kom van Blogger.  

Julle gaan ook lekker geniet van die mooi afrikaanse weer, 
en sekerlik ook lekker 'n keer swem. 




Vanaf vandag probeer ek gereëld 'n lied vir julle te gee met huiswerk:

Ek het vandag 'n baie lekker saam-sing liedjie,wat nie baie moeilike woorde het nie, sodat julle bietjie gewoond kan raak aan die klank van afrikaans.
Let goed op jou uitspraak veral! Die goeie teks is hier op die blog, die teks onder die liedjie lyk baie sleg..


SUID-AFRIKA EK HET JOU LIEF

Die huiswerk is onder die liedjie.

GENIET!

Op YOU-TUBE: Suid Afrika ek het jou lief


Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief
Jy het my hart gesteel
Wil jou met niemand deel

Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief
Vir my so wonderbaar
Altyd wag liefde daar

Al die nooiens is so mooi en fraai
Kan jou vinnig om hul vingers draai
Opgewekte laggies vrolik bly
Is daar dalk een vir my

Blomme wat jou wye veld versier
Wintersmaande voel soos lente hier
En jou lug is altyd vars en skoon
In jou hart wil ek woon

Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief
Jy het my hart gesteel
Wil jou met niemand deel

Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief
Vir my so wonderbaar
Altyd wag liefde daar

Al die nooiens is so mooi en fraai
Kan jou vinnig om hul vingers draai
Opgewekte laggies vrolik bly
Is daar dalk een vir my

Blomme wat jou wye veld versier
Wintersmaande voel soos lente hier
En jou lug is altyd vars en skoon
In jou hart wil ek woon

Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief
Jy het my hart gesteel
Wil jou met niemand deel

Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief
Vir my so wonderbaar
Altyd wag liefde daar

Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief






HUISWERK :


1. Sing dit lekker saam totdat jy dit uit jou kop kan sing, let baie goed op jou uitspraak!



2. Vul die antwoord in. (cursief = nederlands)

ik = 
bloemen =
vrolijk =
ik heb je lief = 
verkleinwoord en meervoud van 'lag' =
verlede tyd van steel =


3. Wat beteken die volgende woorde (soek dit op in jou woordeboek): 

vars=                                  
fraai =
nooiens =
vinnig =

donderdag 18 juni 2015

Huiswerk vir les 5...

1. Woordelys  bladsy 9 en 10. Toets daaroor in les 5.

2. Presentasie voorberei…
Stuur dit asseblief vir my, ek sal jou help om foute uit te haal, en verbeterings te maak. Uiteindelik sal ons toewerk na ’n presentasie sonder foute.


Dan sal jy dit uit jou kop moet leer om dit in les 5 te vertel.