donderdag 15 oktober 2015

Suid Afrika, ek het jou lief!

STUUR julle dadelik 'n BERIGGIE TERUG 
op my persoonlike epos adres wanneer jy dit lees ASSEBLIEF?! Dan kan ek kontroleer of julle almal hierdie berig gekry het ...
Jy kan nie hierdie berig beantwoord nie, dit kom van Blogger.  

Julle gaan ook lekker geniet van die mooi afrikaanse weer, 
en sekerlik ook lekker 'n keer swem. 




Vanaf vandag probeer ek gereëld 'n lied vir julle te gee met huiswerk:

Ek het vandag 'n baie lekker saam-sing liedjie,wat nie baie moeilike woorde het nie, sodat julle bietjie gewoond kan raak aan die klank van afrikaans.
Let goed op jou uitspraak veral! Die goeie teks is hier op die blog, die teks onder die liedjie lyk baie sleg..


SUID-AFRIKA EK HET JOU LIEF

Die huiswerk is onder die liedjie.

GENIET!

Op YOU-TUBE: Suid Afrika ek het jou lief


Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief
Jy het my hart gesteel
Wil jou met niemand deel

Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief
Vir my so wonderbaar
Altyd wag liefde daar

Al die nooiens is so mooi en fraai
Kan jou vinnig om hul vingers draai
Opgewekte laggies vrolik bly
Is daar dalk een vir my

Blomme wat jou wye veld versier
Wintersmaande voel soos lente hier
En jou lug is altyd vars en skoon
In jou hart wil ek woon

Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief
Jy het my hart gesteel
Wil jou met niemand deel

Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief
Vir my so wonderbaar
Altyd wag liefde daar

Al die nooiens is so mooi en fraai
Kan jou vinnig om hul vingers draai
Opgewekte laggies vrolik bly
Is daar dalk een vir my

Blomme wat jou wye veld versier
Wintersmaande voel soos lente hier
En jou lug is altyd vars en skoon
In jou hart wil ek woon

Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief
Jy het my hart gesteel
Wil jou met niemand deel

Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief
Vir my so wonderbaar
Altyd wag liefde daar

Suid-Afrika ek het jou lief
Suid-Afrika my hartedief






HUISWERK :


1. Sing dit lekker saam totdat jy dit uit jou kop kan sing, let baie goed op jou uitspraak!



2. Vul die antwoord in. (cursief = nederlands)

ik = 
bloemen =
vrolijk =
ik heb je lief = 
verkleinwoord en meervoud van 'lag' =
verlede tyd van steel =


3. Wat beteken die volgende woorde (soek dit op in jou woordeboek): 

vars=                                  
fraai =
nooiens =
vinnig =