dinsdag 24 november 2015

Huiswerk vir les 3

1. Afrikaanse woordelys:
Leer bladsy 4,5 en 6
...  julle kry hieroor 'n toets aan die begin van les 3!


2. OpSTAP minicursus Afrikaans; 
vir les 2 : bladsy 45 tot 87
Vat dit saam klas toe!! Verdeel die bladsye oor die aantal dae, en doen elke dag 'n gedeelte.
Ek wil die huiswerk op papier sien, en indien moontlik ook via epos hê.
Indien nodig sal ek al die oefeninge nog behandel in les 3.


3. Elke dag - luister so'n halfuur na die afrikaanse radio. 
http://www.rsg.co.za/luister.asp 
Daar is ook oulike kortverhale in 'KORTOM', dit kan jy hier vind: 
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=189
PS blaai na onder op die bladsy, daar sien jy al die KORTOM verhale, baie bladsye ook!

4. Lees 'Dikwels gebruikte sinne' aandagtig deur.
 meerdere kere


 Onthou - geniet daarvan om afrikaans te leer!

zaterdag 21 november 2015

Jy is en bly My kind

as jy nog tyd het en sommer net lekker wil ontspan, luister dit 'n paar keer... ons gaan dit sing in les 2. 


Ek was daar met jou eerste asemteug
Ek het jou stem gehoor in hartseer en in vreugde
Al kon jy My nie sien nie was My hand altyd oor jou
Ek is daar vir jou en dit moet jy onthou!

Jy is en bly My kind en Ek gee om
en as jy leiding soek sal Ek jou weer tot hulp kom,
en soos die jare vinnig aanstap het jy dit nooit vergeet
jy is en bly My kind en ek gee om

Ek was daar met jou eerste skaam gebed
Ek kon hoor toe jy my so veel mooi beloof het
en toe jy voor my neerval en jou sonde kom bely
het ek jou opgetel en vasgedruk teen my.

Jy is en bly My kind en Ek gee om
en as jy leiding soek sal Ek jou weer tot hulp kom,
en soos die jare vinnig aanstap moet jy dit nooit vergeet
jy is en bly My kind en ek gee om!

Jy is en bly My kind en Ek gee om
en as jy leiding soek sal Ek jou weer tot hulp kom,
en soos die jare vinnig aanstap moet jy dit nooit vergeet
jy is en bly My kind en ek gee om!


jy is en bly My kind en ek gee om!

Afrikaanse taalkunde









woensdag 11 november 2015

huiswerk...

Ek hoop julle kom reg met die huiswerk!
Dit is te stil vir my smaak so in die weke tussen die lesse!

Moenie uitstel tot die laaste week nie, ne?  Wil jy dit goed aanleer, moet jy herhaal en herhaal.. elke dag 'n bietjie!

As daar vrae is, stuur my 'n epos : ellieknol@telfort.nl !

maandag 2 november 2015

Huiswerk vir les 2.

Ek hoop julle het vandag geniet! 

Die huiswerk vir volgende keer:

1. Afrikaanse woordelys:


Leer bladsy 1, 2 en 3
...  julle kry hieroor 'n toets aan die begin van les 2!


2. OpSTAP minicursus Afrikaans; (dit is waarvoor die geluidslêers is, né!)
werk bladsy 16 tot en met bladsy 44 deur, met geluid.
Verdeel die bladsye oor die aantal dae, en doen elke dag 'n gedeelte.

Ek sal in les 2 ook 'n uitspraaktoets doen (die toets is gebaseer op die geluidslêers wat by die OpStap boekie hoort) .


3. Van die verhaal "Waar die eerste seekoei vandaan kom" 
op papier neerskryf:
NB Jy mag dit by my inlewer na les 2, asseblief. 
Ons sal dit in les 2 klassikaal behandel.
-- 10 voorbeelde van verkleinwoorde,
-- 10 voorbeelde van dubbele ontkenning (die sin voluit uitskryf!),
-- 10 afrikaanse woorde van hierdie verhaal waarvan jy nie die betekenis weet nie - 
    -  ook : daarvan die nederlandse betekenis  (WOORDEBOEK).
    -  Maak ook 'n nuwe sin (Afrikaans) daarmee .



4. Elke dag - luister so'n halfuur na die afrikaanse radio.

 http://www.rsg.co.za/luister.asp 
Daar is ook oulike kortverhale in 'KORTOM', dit kan jy vind onder programme.
Kyk maar bietjie rond.


5. Lees 'Dikwels gebruikte sinne' aandagtig deur.
 meerdere kere  

TURKSVY

Turksvy, weet julle nog van die storie van
'Waar die eerste seekoei vandaan kom"?

Hier het ek 'n paar foto's hiervan. Dit word in engels 'prickley pear' genoem, dit is dus 'n kaktusplant.

Die vruggies ( op die 2e/3e foto)  is eetbaar, en soms ook wel te koop in Nederland, meestal in buitelandse toko's ensovoorts.

Ek het dit baie geëet in my lewe, meestal was dit wel so dat ons as kinders na die tyd van die klein dorinkies in ons vingers gehad het.