donderdag 10 december 2015

huiswerk vir les 4

1. Afrikaanse woordelys:
Leer bladsy 7 en 8; julle kry hieroor 'n toets aan die begin van les 4!

2. OpSTAP minicursus Afrikaans;
bladsy 88 tot 102
Vat dit saam klas toe!! Graag die oefeninge inlewer by my na les 4. Verdeel die bladsye oor die aantal dae, en doen elke dag 'n gedeelte.
Ek wil die huiswerk op papier, en indien moontlik ook via epos hê.
Indien nodig sal ek al die oefeninge nog behandel in les 4.
  
3. Elke dag - luister so'n halfuur na die afrikaanse radio. 
Maak 'n verslaggie van waar jy na luister!
Onthou die kortverhale in 'KORTOM', dit kan jy vind onder programme. (A t/m Z) by K:



4. Ek sal in die komende weke ook 'n begin maak met die selfgeskrewe beroepsgerigte gedeelte wat julle gaan voordra in les 5.. en julle daarin begelei. 

woensdag 2 december 2015

Die woord VIR

Opmerking:.: Vir wordt veel meer gebruikt dan het Nederlandse 'voor', omdat het meer betekenissen heeft. Hier komt de verklaring:

voor: "Hierdie koppie koffie is vir oupa" = Dit kopje koffie is voor opa"

tegen: "Moenie vir my lieg nie" = "Je moet niet tegen mij liegen"

tegen: "Jy kan dit maar vir my sê, hoor" = "Tegen mij kun je het zeggen, hoor"

naar: "Ek geniet dit so om om vir jou te kyk" = "Ik geniet er zo van om naar jou te kijken"

naar: "Nou moet jy mooi vir my luister, boetie!" = "Luister jij eens goed naar mij, jochie!"

om: "Lekker lag ek nou vir jou aksent" = "Ik moet zo om jouw accent lachen"

aan: "Gee dit asseblief vir my, en nie vir hom nie" = "Geef het alsjeblieft aan mij, en niet aan hem" (bij benadrukking van de meewerkende voorwerpen)

aan: "Ek het dit mos vir hom gesê" = "Ik heb het nog aan hem gezegd"

niet altijd vertaalbaar, bij meewerkend voorwerp: "Gee gou-gou vir my die biltongmessie" = "Geef (aan) mij gauw het biltongmesje"

niet altijd vertaalbaar, bij meewerkend voorwerp: "Ek het vir hulle gevra of ons skoon komberse kan kry" = "Ik heb (aan hen) hun gevraagd of we schone dekens kunnen krijgen"

niet vertaalbaar, bij lijdend voorwerp: "Ken jy vir Christo?" = "Ken jij Christo?"

niet vertaalbaar, bij lijdend voorwerp: "Moenie vir my slaan nie, dit was nie ek nie" = "Je moet mij niet slaan, ik was het niet"

Deze laatste, in het Nederlands onvertaalbare betekenis vindt zijn oorsprong waarschijnlijk in het Maleis-Portugees uit de begindagen van het Kaapse Hollands, dat later tot het Afrikaans zou uitgroeien.
Voor de leerder van het Afrikaans is het handig te weten dat je de onvertaalbare vir bij een lijdend voorwerp meer moet invoegen, naar mate er meer sprake is van een lijdend voorwerp. Bijvoorbeeld: "Ken jy vir Mandela?" kun je vertalen met: "Ken je Mandela persoonlijk?", terwijl "Ken jy Mandela?" eerder op te vatten is als: "Ben je bekend met Mandela?"

In het Roemeens vindt men een soortgelijk syntactisch gebruik van een voorzetsel dat zijn eigen betekenis verliest omdat het gebruikt wordt voor het versterken van een persoon als lijdend voorwerp. Om een persoon in de accusatief te benadrukken, plaatst men er pe (dit betekent eigenlijk 'op') voor: "David l-a ucis pe Goliat" = "David heeft Goliath gedood" Dit is vergelijkbaar met de Afrikaanse zin "Dawid het vir Goliat doodgemaak"

dinsdag 24 november 2015

Huiswerk vir les 3

1. Afrikaanse woordelys:
Leer bladsy 4,5 en 6
...  julle kry hieroor 'n toets aan die begin van les 3!


2. OpSTAP minicursus Afrikaans; 
vir les 2 : bladsy 45 tot 87
Vat dit saam klas toe!! Verdeel die bladsye oor die aantal dae, en doen elke dag 'n gedeelte.
Ek wil die huiswerk op papier sien, en indien moontlik ook via epos hê.
Indien nodig sal ek al die oefeninge nog behandel in les 3.


3. Elke dag - luister so'n halfuur na die afrikaanse radio. 
http://www.rsg.co.za/luister.asp 
Daar is ook oulike kortverhale in 'KORTOM', dit kan jy hier vind: 
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=189
PS blaai na onder op die bladsy, daar sien jy al die KORTOM verhale, baie bladsye ook!

4. Lees 'Dikwels gebruikte sinne' aandagtig deur.
 meerdere kere


 Onthou - geniet daarvan om afrikaans te leer!

zaterdag 21 november 2015

Jy is en bly My kind

as jy nog tyd het en sommer net lekker wil ontspan, luister dit 'n paar keer... ons gaan dit sing in les 2. 


Ek was daar met jou eerste asemteug
Ek het jou stem gehoor in hartseer en in vreugde
Al kon jy My nie sien nie was My hand altyd oor jou
Ek is daar vir jou en dit moet jy onthou!

Jy is en bly My kind en Ek gee om
en as jy leiding soek sal Ek jou weer tot hulp kom,
en soos die jare vinnig aanstap het jy dit nooit vergeet
jy is en bly My kind en ek gee om

Ek was daar met jou eerste skaam gebed
Ek kon hoor toe jy my so veel mooi beloof het
en toe jy voor my neerval en jou sonde kom bely
het ek jou opgetel en vasgedruk teen my.

Jy is en bly My kind en Ek gee om
en as jy leiding soek sal Ek jou weer tot hulp kom,
en soos die jare vinnig aanstap moet jy dit nooit vergeet
jy is en bly My kind en ek gee om!

Jy is en bly My kind en Ek gee om
en as jy leiding soek sal Ek jou weer tot hulp kom,
en soos die jare vinnig aanstap moet jy dit nooit vergeet
jy is en bly My kind en ek gee om!


jy is en bly My kind en ek gee om!

Afrikaanse taalkunde









woensdag 11 november 2015

huiswerk...

Ek hoop julle kom reg met die huiswerk!
Dit is te stil vir my smaak so in die weke tussen die lesse!

Moenie uitstel tot die laaste week nie, ne?  Wil jy dit goed aanleer, moet jy herhaal en herhaal.. elke dag 'n bietjie!

As daar vrae is, stuur my 'n epos : ellieknol@telfort.nl !

maandag 2 november 2015

Huiswerk vir les 2.

Ek hoop julle het vandag geniet! 

Die huiswerk vir volgende keer:

1. Afrikaanse woordelys:


Leer bladsy 1, 2 en 3
...  julle kry hieroor 'n toets aan die begin van les 2!


2. OpSTAP minicursus Afrikaans; (dit is waarvoor die geluidslêers is, né!)
werk bladsy 16 tot en met bladsy 44 deur, met geluid.
Verdeel die bladsye oor die aantal dae, en doen elke dag 'n gedeelte.

Ek sal in les 2 ook 'n uitspraaktoets doen (die toets is gebaseer op die geluidslêers wat by die OpStap boekie hoort) .


3. Van die verhaal "Waar die eerste seekoei vandaan kom" 
op papier neerskryf:
NB Jy mag dit by my inlewer na les 2, asseblief. 
Ons sal dit in les 2 klassikaal behandel.
-- 10 voorbeelde van verkleinwoorde,
-- 10 voorbeelde van dubbele ontkenning (die sin voluit uitskryf!),
-- 10 afrikaanse woorde van hierdie verhaal waarvan jy nie die betekenis weet nie - 
    -  ook : daarvan die nederlandse betekenis  (WOORDEBOEK).
    -  Maak ook 'n nuwe sin (Afrikaans) daarmee .



4. Elke dag - luister so'n halfuur na die afrikaanse radio.

 http://www.rsg.co.za/luister.asp 
Daar is ook oulike kortverhale in 'KORTOM', dit kan jy vind onder programme.
Kyk maar bietjie rond.


5. Lees 'Dikwels gebruikte sinne' aandagtig deur.
 meerdere kere